Komeet Lemmon (Foto 1) 16 Feb 2013 Toe was die maan te helder vir my om 47 Tuc en die komeet te vind en ek dink hulle was reeds effe ver van mekaar af. Ek het geraai oor die komeet se posisie nadat ek op Achernar opgestel het. Die resultaat is aangeheg maar dis net van die komeet. Ek het 'n 180mm Skywatcher op 'n ekwatoriale montering en die kamera (Canon 550D met 55-250mm zoem lens) was in abba posisie op die teleskoop. Gegewens soos volg: lens: 200mm ISO 1600 F5.6 beligting 20 sek. Ek het 21 ligte fotos (7 min) en 11 donker fotos geneem en met Nebulosity3 en Paintshop PRO bewerk. Dis maar net dit om te wys ek het probeer! Groete Johan Retief Fisherhaven 082 807 6793